AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE MET KITS GIS
1 geskilde aartappel, gerasper
1 gelykvol Eetlepel sout
2 opgehoopte eetlepels suiker
2 koppies lou warm water
1 pakkie kits gis
4 of 5 rosyne.
METODE:
DAG 1:
Gooi alles in n can Fruit bottel, gee net so een roer en maak die deksel toe. Hou in n vensterbank of erens waar hy kan warm kry.
DAG 2:
Gooi alles deur ‘n sif. Gooi so kwart van die ou aartappel terug saam met die ou rosyne en so derde van die suurdeeg water. Maak nou weer die resep aan, maar die keer sonder gis en rosyne en gooi dit by die bietjie wat jy oorgehou het van dag een.
Maak die bottel weer toe en laat staan vir ‘n dag.
DAG 3:
Nou behoort jou plantjie aan die gang te wees. Elke keer as jy met dit wil bak, gooi dit deur ‘n sif en gebruik net die vloeistof in jou deeg (Ek hou net so kwart van die suurdeeg vir die nuwe plantjie, die res gebruik ek in die deeg, hang seker ook maar af van hoe sterk jou plantjie is.).
Maar onthou om elke keer weer bietjie van die ou aartappel, die ou rosyne en bietjie van die vloeistof in die bottel terug te gooi.
Vul dit dan net elke keer met ‘n nuwe aartappel, 1 lepel sout, 2 lepels suiker en 2 koppies lou warm water.
Jy behoort daagliks dit so te kan gebruik, maar as dit voel of die suurdeeg nie genoeg laat rys nie, laat staan dit net ‘n dag of wat langer, gooi nuwe of bietjie meer rosyne in. As jou rosyntjies nie meer goed lyk nie, vervang dit.
Resep: Adele Van Staden
Foto: Hendrik Markgraaff
done