ALTA SE SPINASIETERTJIES
Gebruik Petro se deeg vir die boeliebeef tertjies.
https://www.foodloversrecipes.com/2016/09/bully-beeftertjies/
Maak die deeg dubbeld aan. Onthou om pannetjies te spray met bake en cook. Skep desert lepels vol in ‘n vlak kolwyntie pannetjie.
Vir vulsel
1 kg spinasie
1 russian, opgesny in ringetjies
250 g spek, opgesny
2 uie, gekap
1 kop kaassous (uit ‘n pakkie)
3 geklitste eiers
1 houertjie gladde maaskaas
Braai Russian, spek en uie saam in olyfolie, Kerf spinasie en kook tot net sag, voeg spek, uie en Russian by. Gebruik nou die stok blender en maak alles fyn, voeg dan die koppie kaassous by. Voeg die eiers, maaskaas, sout en varsgemaalde peper na smaak by. Skep lepels vol vulsel in deeg en bak by 180 grade Celsius vir ± 10 min, draai jou pannetjies om, bo na onder en ook agter na voor.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk