
TARTARSOUS GEMAAK MET SANDWICH SPREAD
BLITSIGE TARTAARSOUS
200 ml mayonaise
100 ml sandwichspread
1 eier (hardgekook en fyngedruk)
15 ml kappertjie saad fyn gekap (opsioneel)
1 piekel uitjie (gekap)
1 groot gerkin (fyn gekap)
5 ml aangemaakte mosterd
Meng alles goed deur.
TARTAARSOUS
250 ml mayonnaise
100 ml sandwich spread
2 agurkies, gekap
3 stingeluie, gekap
15 ml gekapte pietersielie
5 ml suurlemoensap
5 ml aangemaakte Engelse mosterd
5 ml suiker
15 ml kappertjiesaad, gekap, opsioneel.
Vermeng al die bestanddele baie goed saam.
WENK: Die stingeluie kan vervang word met ‘n halwe gekapte ui.
Tartaresous kan 2 – 3 weke in die yskas gebêre word.
Resepte uit my handgeskrewe resepteboek – Rina Kleinhans






