NARTJIE MARMELADE
1.5 kg nartjies
2.5 liter water
2.9 kg suiker
Skil nartjies, vewyder soveel moontlik van die wit en sny skille in baie dun repies of kap grof met voedselverwerker.
Plaas skille in groot kastrol
Verpulp die vleis van die nartjies en gooi deur ‘n sif. Gooi die sap oor die skille en sit die pulp in melkdoek bind styf toe. Pitte ook in ‘n melkdoek en bind toe. Sit nou pulp en skille in kastrol.
Giet die water oor en laat vir 2 ure staan. Kook nou vir so 30min of tot die skille deurskynend word. Haal pulp sakkie en pitte nou uit
Voeg die suiker by. *Ek het nie al die 2.9 kg gebruk nie, die nartjies was soet. Roer suiker deur en laat oplos/smelt.
Jy kan nou marmelade kook maar ek los myne tot volgende oggend dan is die stroop klaar lekker lymerig en kook die marmelade klaar.
Skep in warm gesteriliseerde bottels en maak toe.
Laat koud word en geniet en gee bietjie weg.
Foto: Mariette Visser
Resep getik deur Wian Swart