SPEK EN MAALVLEIS PASTEI
1. Gebruik ± een Kilogram maer maalvleis en maak jou eie geliefkoosde frikkadel mengsel.
Voer ‘n ronde gesmeerde oonvaste ronde pannetjie uit met twee pakkies strepiespek sodat dit oor die kante hang.
2. Pak die maalvleismengsel binne in die uitgevoerde pannetjie.
3. Vou die oorhang spekrepies een vir een mooi bo-oor die mengsel.
4. Bak in oond by 180°C vir ± 1 – 1 ¼ uur.
5. Dreineer alle oortollige olierigheid, wat om die kante opdam, af deur die pannetjie skuins te draai terwyl jy die pasteitjie vashou met ‘n spaan of lepel. — OF lig die pastei uit en plaas dit op bakpapier/afkoelrakkie sodat dit nie in die olie bly lê nie.
6. Sny in skywe e n bedien warm saam met kapokaartappels, rys, aartappelskyfies en mengelslaai. Of net saam met verskillende soorte slaai.
Dit wat oorbly kan ook in skywe gesny word en as dit afgekoel is in kosbakke gepak word.
BRON:
Onbekend – ek het net ‘n prentjie of foto gesien my kop probeer gebruik en —– HEERLIK:
FOTOS: My Eie.Petra Nel