SHELEEN SE CHOC CHIP KOEKIES
Resep:
7 Kop Meel
2 en n half kop Suiker
1 en halwe teel gelyk kremetart
1 en halwe teel gelyk Koeksoda
4 eiers
500 g Margarine (wooden spoon, geel pakkie werk lekker)
Voor verhit oond op 180 grade.
Klits alles behalwe meel goed saam.
Meng meel deur met botter mengsel.
Jy kan die deeg net so maak, of choc chips ingooi, of selfs balletjies in klapper rol en dan plat druk in jou oond pan.
Ek het my oondpan met gewone botter gesmeer en net bietjie meel oor gestrooi.
Die bak hang af van hoe vinnig jou oond werk. Draai na 5 min die pannetjie totdat jy hom heeltemaal in die rondte gedraai het. As die koekies mooi bruin word en die deegie net net sag is, kan jy hulle uithaal en laat afkoel.
RESEP EN FOTO: Sheleen Byrne Vorster