SHELEEN SE CHOC CHIP KOEKIES


SHELEEN SE CHOC CHIP KOEKIES
Resep en foto: Sheleen Byrne Vorster
FOOD LOVERS RECIPES
7 koppies koekmeel
2½ koppies suiker
1½ teelepel gelyk kremetart
1½ teelepel gelyk koeksoda
4 eiers
500 g margarine (wooden spoon, geel pakkie werk lekker)
Voor verhit oond op 180ºC.
Klits alles behalwe meel goed saam.
Meng meel deur met botter mengsel.
Jy kan die deeg net so maak, of choc chips byvoeg, of selfs balletjies in klapper rol en dan plat druk in jou oond pan.
Ek het my oondpan met gewone botter gesmeer en net bietjie meel oor gestrooi.
Die bak hang af van hoe warm jou oond is. Draai na 5 min die pannetjie totdat jy hom heeltemaal in die rondte gedraai het. As die koekies mooi bruin word en die degie net net sag is, kan jy hulle uithaal en laat afkoel.