


PETRO SE POT GEBRAAIDE VARKBOUD
Gebruik in bietjie olie en botter, braai tot lekker bruin haal uit.
2 uie opgesny en gebraai tot lekker bruin, sit vleis terug, het bietjie ball’s blatjang oor die leis gesmeer met mosterdpoeier, droë tiemie en vars tiemie, swart pepper en 1 ½ blokkie beef knorr op gelos in ‘n ½ koppie kook water.
Kook op stadige hitte vir so 2 uur of tot sag ( kyk maar uit dit kan ‘n bietjie uit droog ) vleis uit gehaal.
Kook aartappels in die sous tot lekker sag. Haal die aartappels uit, dreineer die sous af.
Maak bietjie olie en sous warm en eerste aartappel gebraai, kyk maar uit om nie te vinnig te braai nie, dan bly al die lekker stukkies in die pot agter. Doen selfde met vleis .Ek gebruik sous wat oor gebly het om oor vleis te skep.
Bron en foto: Petro van Genderen en Amanda Conradie
Nota van Elize de Kock:
Onthou om die vel af te haal dit sal taai raak. Jy bak die vel apart met sout in oond vir jou crackling







Geskuif.
Elize Grobbelaar
Nou al 2 keer die resep gemaak. Vind chutney bietjie soet. 2de keer minder gebruik. Maar miskien net ons smaak eet glad nie soet. Aan te beveel. HEERLIK Dankie Petro nie gedink vark in ‘n pot kan so sappig wees nie. Onverbeterlik. Die is ons resep vir die toekoms. Sousie ook baie lekker
Elize Grobbelaar
Netnou geproe en nou geëet. Liewe ouers merk maar die resep. Varkboud kan so maklik droog wees in die oond. Die potbraai was sag, sappig. Een woord. Heerlik.