

HEERLIKE SKAAPVLEIS IN TAMATIE
Vandag bietjie gekook. Skaap in tamaties, boontjies en aartappel mash, soetwortels met vars gemmer en heuning, blomkool in kaassous en gebakte aartappels.
Heerlike skaap in tamaties.
1.5 kg skaapvleis
1 blik tamatiepuree
1 blik heel kersie tamaties
750 ml bees aftreksel
250 ml rooiwyn
2.5 ml kolander
2.5 ml komyn
2.5 ml paprika
2.5 ml tiemie
2.5 ml origanum
2 teelepels suiker
sout en peper na smaak
1 eetlepel knoffel
Braai skaapvleis aan beide kante tot geseël. Voeg al die bestanddele by, bedek met deksel of foelie en bak teen 180ºC vir so ongeveer 2.5 ure.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen







Geskuif