
RAAD VIR VLAKVARKBOUD
Jan Braai:
Baie dankie almal vir die antwoorde en raad. Ek is seker die persoon wat die vlakvark wil braai sal regkom as hy een van of al die raad hier volg! Nou soek ek net ‘n vlakvark om ook te braai.
Stephan Olivier: Al gehoor die boud word in karringmelk gemarineer.
Markku Fleischmann: Ek benader dit soos ‘n koedoe rugstring. Vlek hom oop en stop die kruie, knoffel, en gegeurde soute in hom. Laat rus van die vorige aand in ‘n diep kastrol van ligte bier.
Francois Baard: Vlakvark is baie droog marinate hom vir 2 dae spit hom en sny en druk garlic en baie bacon in die boud om hom nat te hou, maak ‘n gravy wat jy oor die vleis kan gooi nadat jy hom gesny het gooi obs saam die marinate.
André Venter: Spuit in met 2 bottels knox creamy Italian slaaisous wat met bietjie asyn gemeng is om te verdun en met so 1 eetlepel sout gemeng is!! Sit in foil en sit vir so uur of tot gaar in weber!! Jy sal jou lippe afkou.
Helena Hester Maria Louwrens: Jan, sover my kennis strek en soos ons dit doen, as jy die braaier aan het, en klaar gestop en gekruie het, is baie stadig. Tot half gaar, draai dan foelie om vir ‘n paar minute om hom souserig te hou. As hy sag en gaar is, haal foelie af, ek smeer dan my mengsel om, en laat hom vinnig braai vir daai lekker harde kors. As jy die bestanddele wil hê sal ek antwoord.
Kobus Vermaak: Rook eers die boud vir 3 tot 4 ure. Die boud moet dan in ‘n spit verder gebraai word.
Elbrecht Oswald: Ek sal nie aanraai om ‘n boud te braai nie. Gaan baie droog uitkom. As jy die wil sal ek eerder boud tjops saag, marineer en dit voorsit. ‘n Lekker smokey bbq, of soet-suur marinade werk goed. Dit moet lekker sticky raak wanneer jy dit braai.
Johann Swanepoel: As ‘n vark se smaak vir jou te wild is, laat dit vir 2 dae in die koelkas in ‘n emmer vars melk lê. Doen baie moeite met marinade en vulsel, hy is maar droog op sy eie.
Marcia Nell: Jare op wildsplaas gewerk. Smeer goed met karringmelk en los oornag. Stadig braai op kole, ons het gewoonlik ontbeen en dan blikkie bier in beenholte gesit soos hoender so 2 tot 3 ure.
Darius Ferreira: Stem saam met jogurt laat lê en later rooiwyn. Sout, peper, Worchestersous, thyme en rosemary is ‘n moet. Geniet hom!






