

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE
So het n ruk terug n heel eenvoudige resep gekry by n vriendin en dit is n groot treffer:
100 ml peanut butter (grondboontjiebotter)
100 ml klapper olie
50 ml heuning
5 ml Vanillageursel
Plaas die peanut butter, klapperolie en heuning in ‘n pot. Verhit die bestanddele net totdat als lekker gesmelt is, voeg die vanilla by en meng. Voer ‘n bakkie uit met was papier. Gooi die mengsel daarin en plaas in vrieskas tot dit geset is en sny in blokkies. Hou in yskas tot net voordat jy dit opdien. Dit smelt Maklik.
In die foto hieronder het Ek drie variasies gemaak gisteraand.
1. Is n plein peanut butter een
2. Is ook ‘n klein peanut butter ene maar het rice krispies bygemeng en laat stol en toe albany sjokolade gesmelt en dit bo oor gesmeer en dit verder laat set.
3. Hier het ek ipv peanut butter, nutella gebruik en nie die heuning bygevoeg nie.
FOTO: Pier-Brita Rudman






