


JOGURT VOLGRAAN BROODJIE MET ROOIBOSBESSIES EN AMANDELS
250ml koekmeel
675ml Nutty Wheat meel
250ml gebreekte graan (Eng = cracked wheat)
10ml koeksoda
15ml bruin suiker
30ml heuning
2,5ml sout
500ml jogurt (ongegeurd en volroom)
Opsioneel:
100g rooibosbessies (Eng = cranberries)
100g amandel vlokkies (hou bietjie vir bokant)
Sif die koekmeel en voeg die res van droe bestandele by en meng goed. Voeg die heuning by die jogurt en roer goed en meng by die meel bestandele. Skep in ‘n 23cm broodpannetjie wat goed gesmeer en uitgeskud is met meel. Sprinkel amandel vlokkies bo-op. Bak in voorverhitte oond by 180C vir ‘n uur of tot die toets pen skoon uitkom wanneer jy dit toets. In my gasoond neem dit effens langer.
Laat effens afkoel in pan en verwyder versigtig en laat heeltemal afkoel op rakkie.
FOTO EN RESEP: Elsabie Templeton






