JAPANESE KAASKOEK
7 eetlepels botter
100 g roomkaas
½ k melk
8 eiers, geskei
60 g gesifte meel
60 g gesifte corn starch
130 g suiker
bietjie versiersuiker, om oor te sprinkel
Kook die botter, roomkaas en melk saam.
Roer tot gesmelt en glad. Haal van hitte af.
Klits die 8 eiergele goed en voeg die melk-kaas mengsel stadig by terwyl heeltyd geklits word op stadige spoed.
Roer daarin die gesifte meel en corn starch totdat daar geen klonte is nie.
Klits die 8 eierwitte halfpad styf en voeg die suiker by. Klits nou totdat stywe punte vorm.
Vou die eierwitte in by die melk mengsel.
Gooi uit in ‘n bakpan en sit daardie pan binne-in ‘n ander een met kookwater.
Bak by 140°C vir so 1 uur tot gaar.
Wanneer afgekoel, sprinkel versiersuiker oor.
Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith