

JAPANESE KAASKOEK
Resep en foto: Francis Smith
FOOD LOVERS RECIPES
7 eetlepels botter
100 g roomkaas
½ koppie melk
8 eiers, geskei
60 g koekmeel, gesif
60 g mielieblom, gesif
130 g suiker
bietjie versiersuiker, om oor te sprinkel
Verhit die botter, roomkaas en melk op die stoof in ‘n pot.
Roer tot gesmelt en glad, verwyder van hitte.
Klits die 8 eiergele goed met ‘n elektriese klitser, voeg die melk-kaasmengsel stadig by die eiergele terwyl heeltyd klits op stadige spoed.
Voeg die meel en mielieblom by die roomkaasmengsel en roer totdat daar geen klonte is nie.
Klits die 8 eierwitte halfpad styf, voeg die suiker by en klits verder totdat stywe punte vorm.
Vou die eierwitte by die roomkaasmengsel in.
Giet die kaaskoekmengsel ‘n bakpan en plaas die pan binne-in ‘n 2de groter pan en giet kookwater in die groter pan.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 140°C vir so 1 uur tot gaar.
Wanneer afgekoel, sprinkel versiersuiker oor.






