IDEES MET KNOFFEL
Rina Kleinhans:
Roasted Garlic
Yield: 4 servings
Ingredients
24 peeled garlic cloves
½ tablespoon olive oil
¼ teaspoon kosher salt
⅛ teaspoon black pepper
Instructions
Heat oven to 425 degrees F. Line a baking sheet with foil.
Place the garlic cloves in a bowl, add the olive oil, the salt and the pepper and mix to coat.
Spread the garlic cloves on the prepared baking sheet, in a single layer. Bake 20 minutes, stirring with a spatula halfway through cooking, or until golden-brown and fork-tender.
Author: Vered DeLeeuw – healthyrecipesblogs
Rika de Bruin
Toast met dik Botter en Knoffel fyn gesny – pak die Toast vol met n bietjie Aromat!!!! Mmmmmmmmmmmmm
Ella Simpson
Sit bietjie marmite en tamatie ook op daardie broodjie. Yummy!
Retha Marais ..en kaas
Nathalie Coen
Lang Hotdog Rolls oop gesny.
Neem garlic , mayonaise , gerasperde kaas en bietjie pietersielie met n bietjie botter meng alles saam tot n smeer sit dit op elke roll en bak in oond tot kaas kliphard is….
Dis lekker vir braai en saam alle geregte…
Lucie Botha
mmmmm…koop n hele knoffel sny dan net die eenkant af draai tinfoil om drip biki botter/olie ..sout peper biki braai speserye draai dit verder toe met foil ..en gooi dit so tussen die braai vleisies se kole …heerlik
Frikkie Jones
Geskilde knoffelhuisies in n blik vol met olyf of druiwepitolie of n mengsel van die twee. Is in 140° oond tot die knoffel strooikleurig is en dryf. So 90 – 120 min. Koel af in olie. Maak mayonnaise met die olie en “blend” die knoffel in. HEERLIK. Die olie en knoffel kan in kosbereiding gebruik word. Of sommer op toast.
Ilona Turner
Ek rooster brood in ‘n toeknyp rooster tot die hard is, ek vryf albei kante met ‘n knoffel huisie, (dis so al of die brood die knoffel rasper), sny klein tamaties in die helfte 1el red wine vinigar, 1/2k goeie olyfolie, 1 knoffelhuisie fyn gekap, 1el d…Sien Meer
Louwtjie Beck
ek plak knoffel op my piza, gewoonlik moet ek in afsondering gaan totdat ek weer tussen mense kan verkeer. mens maak nie kos sonder uie en knoffel nie.
Sonja van der Westhuizen
Ek en my man vrek oor knoffel veral as ons i varktjoppie eet ons sny daai huisies so baie oor die tjop dat dit so wit lê. En natuurlik as ons seekos mk
Retha Marais
My skoonsus het ons geleer knoffel bomme eet as ‘n snack voor ‘n braai. Skoon knoffel huisies in kleiner stukke gesny, gerasperde kaas, tabasco sous. Elkeen maak sy eie. Vat kaas in jou hand, sit stuk knoffel bo-op en paar druppels Tabasco, nog bietjie kaas bo-op en vou toe, vorm hom in so stywe bolletjie en reguit mond toe. Rond af met ‘n slukkie bier 🙂
Sonja van der Westhuizen
Dis net so lekker as jy nog i stukkie biltong bysit
Linda Marais
Laat staan n “cruched” knoffel in n kwart koppie asyn met speserye. Laat trek tot vlg oggend en wat n heerlike slaaisousie maak dit.
Debbie Edwards
Hier in California is die groot ding “garlic fries”. Hulle kap ‘n klomp knoffel fyn en gooi dit oor ‘n bord chips. Baie lekker maar jy stink vir ‘n dag of twee daarna…
Ella Simpson
Ons het by ‘n restaurant hierdie slaai resep afgerokkel. Breek slaai op soos vir mengelslaai – moenie fyn sny /kerf nie. Gooi nou seker omtrent 12 – 15 knoffelhuisies (minced) in. Strooi mildelik met nutritional yeast. Drizzle Olyfolie oor en sout na smaak. Jy kan Feta kaas ook oorgooi. Meng goed deur. Dis fantasties lekker maar jy weet vir ‘n paar dae jy het knoffel gehad!!
Retha Marais
Ek maak ‘n knoffel sous wat jou 3 dae laat stink. Gooi oor steak, hoender, pasta, aartappels…net soos jy wil. Kerf 2 uie baie fyn en braai in 50/50 botter en olie tot amper sag. Gooi nou fyn knoffel gelykstaande aan die volume van jou uie by (ek koop die 1l emmertjies) en ja sommer ‘n koppie + vol is reg. 1t gemengde kruie, sout, baie peper en 250g gekerfde sampioene en braai saam vir so 5min. Meng ‘n pakkie wit uie soppoeier en pakkie sampioen room soppoeier saam. Meng sop mengsel met half k koue water tot al die klonte uit is. Gooi dan 1k room en 2k melk by jou uie mengsel en roer jou sop by. Prut stadig vir 10 min en roer gereeld. Maak ‘n lekker dik sous. Vir pasta gooi 250g stukkies gebraaide bacon by. Vir hoender snitzel, gooi gerasperde cheddar kaas by. As jy dapper is gooi ‘n blok gekrummelde bloukaas by en skep oor steak of selfs heel aartappels. Los die sampioene uit as jy wil. Jy kan lekker speel met die sous.
Hou van
Retha Marais Marda Pienaar
die sous is ook baie lekker oor vis! Los die sampioene uit en gooi vars gekerfde dill en ‘n lepel Horseradish by.
Magteld Janse van Vuuren
Mal oor knoffel,gebruik in meeste geregte…maak soms knoffel bolltjies saam braaivleis..neem half pak gekoopte brooddeeg,meng fyn gekapte knoffel e margarien,soos ek die bolletjies rol smeer ek elke bol met die knoffelbotter e pak dit in n glasbak met deksel…laat dit uitrys e bak dan vir 40 min op 180 C…rasper kaas bo- oor e sit terug in oond tot kaas gesmelt het
Retha Marais
As jy weer pap maak impv sous sit knoffel bottter met gerasperde kaas op. Maar maak jou eie botter met baie knoffel en stywe pap! Gideon Louw Jy kan vir ontbyt ‘n gebakte eier op die pap en botter sit met ‘n ou worsietjie op die kant
Sheleen Byrne Vorster
kos proe net nie reg sonder knoffel nie lol ek braai my uie in olie en n teelepel suiker tot dit lekker bruin is, dan gooi ek my knoffel in saam met mixed herbs en braai vir nog so 5 min. dan gooi ek watookal vleis ek gaan maak by.
Louwisa En Gavin Nel
Kook jou aartappels tot amper gaar. Spuit n oondbak, sny aartappels in skywe en pak n lagie. Dan twee klontjies botter , sout en peper na smaak en knoffel, nog n lagie aartappels, knoffel, sout, peper en botter. Gooi n bakkie room oor en dan kaas. Bak in oond tot die kaas bo crispy is… dis HEERLIK… veral saal braaivleis
Loraine Peyper Viljoen
As ek ‘n skaapboud maak, sit ek sommer so 2 of 3 hele knoffel blomme bedoelende die hele ding saam die boud oornag in die oond. Dit word sag en kan dan sommer so uitgedruk word. Heerlik op stukkie roosterbrood of sommer so oor die vleis gesmeer!
Floraine Wasserman Venter
Knoffelpatats: 4/6 medium patats, geskil en in skywe gesny.
20 Vars knoffelhuisies, geskil en gekneus.
10 Vars gemmer skyfies, gekneus.
200g Botter, 200ml heuning,
200ml lemoensap en fyngekapte neute.
Sit klonte botter in bakskottel, pak patats in, strooi knoffel en gemmer oor en druk met mes tussen patat in, dan heuning, lemoensap en neute. Bak by 180gr tot sag en effens bruin. Bedien met gebraaide klapper
Nix Botha
Chopped garlic
Melted butter
Grated cheese
French loaf
Mix garlic and melted butter
Pour over cheese and mix
Cut french loaf slanted
Spread mixture in between cuts
Wrap in tin foil
Put on braai or in oven
Emmarentia Fourie
Soet pampoen moet n bietjie knoffel in he!