

BOEREWORS MET APPELKOSE
Foto: Hannelie Meintjes
Resep: Hannelie Meintjes
FOOD LOVERS RECIPES
1 groot ui
4 stukke (omtrent so 15 cm elk) boerewors
30 ml olyfolie
10 gedroogde appelkose (Royal), elkeen in die helfte gesny
4 gedroogde tamaties, in stukkies gesny
50 ml blatjang
5 ml sojasous
10 ml Xylitol
2 ml borrie
5 ml crushed chillies
10 ml kerriepoeier
5 ml komyn
5 ml sout
Sit appelkose in ‘n bakkie. Giet ‘n koppie kookwater oor sodat dit sag word.
Skil en kerf die ui.
Sny wors elkeen in 3-4 stukkies.
Braai wors, tamatie en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.
Haal appelkose uit die water. Behou die water.
Versprei die appelkose oor die wors.
Meng appelkooswater, Xylitol, blatjang en sojasous, borrie, chillies, kerrie, komyn, sout en giet bo-oor wors mengsel.
Prut vir so 20 minute of totdat ‘n lekker sous gevorm het.
Bedien saam met koring.






