

AARTAPPELVULKAAN
750g smash – aangemaak.
25g botter of margarien (30 ml)
50ml koekmeelblom
500 ml melk
2 eiers geskei
500ml gerasperde cheddar-kaas
5 ml sout
1ml mosterdpoeier
Knypie peper
Bietjie gerasperde kaas gemeng met broodkrummels
Smeer bakskottel en smeer smash op boom en teen kante.
Stel oond op 200 grade C. (400 F)
Maak witsous van botter, meel en melk. Klits eiergele en roer by witsous in. Haal van plaat af en roer kaas, sout, mosterd en peper by. Klits eierwit styf en vou liggies in witsous in. Gooi op aartappels in bakskottel. Strooi kaaskrummels bo-oor en bak 25-20 min. Dien dadelik op.
Ek het by 180 grade gebak en kaas oorgestrooi nadat ek dit uit die oond gehaal het.
Resep geplaas deur Hettie Theunissen
Foto: Hettie Theunissen







geskuif