HOENDER RUGGIES – CHICKEN BACKS
Ek was nie baie lus vir kook nie. Het vandag op chicken backs afgekom. Eerste keer wat ek dit gaarmaak. En ek moet se, as julle van hoender nekkies hou, sal hierdie beslis ook n wenner wees.
Hoender ruggies/chicken backs
Hoender ruggies
Prego sous
Smoked BBQ sous
Bbq speserye
Verhit bietjie olie in n riffelpan of braaipan
Braai beide kante van stukke hoender tot dit goed geseel is.
Ek het n spesery mengsel van ons slaghuis af gekoop maar so bietjie gewone bbq speserye kan ook werk. Sprinkel so bietjie van die speserye oor elke kant van hoender.
Verlaag die hitte en smeer van die souse op elke kant van die hoender. Geniet sommer so met die hande. Daar is nie tyd vir mes en vurk nie.
Foto en resep: Charleen Nieuwenhuizen