KLAPPER LAAG KOEK – SKOONMA SE RESEP WAT EK JARE BAK
1 ½ koppies koekmeel
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel vanielje
½ koppie botter
1 koppie melk
3 eierwitte
Klits die suiker en botter tot room en voeg melk by.
Sif droë bestanddele en voeg by bottermengsel.
Klits eierwitte styf en vou by mengsel in asook die vanielje.
Gooi in 2 gesmeerde en gevoerde koekpanne van 20cm elk.
BO-LAAG:
½ koppie suiker
3 eiergele
1 koppie klapper
¼ koppie melk
geel kleursel (as jy plaas eiers gebruik is die kleursel nie nodig nie, die eiergele is donkerder)
Meng alles saam in kastrol en kook tot dik en gaar, roer aanhoudend en kook oor lae hitte.
Gooi paar druppels kleursel op slag by tot jy die geel het wat jy verlang.
Smeer tussen en op koek as dit nog lou warm is.
WENK:
Hier koek is nie so dik nie, so ek maak hom dubbeld aan en dan gooi ek so bietjie geel kleursel by die bo-laag as ek dit kook, net so druppel of twee, dit gee dit so mooi geel kleur.WENK:
Op die plaas as ons dit daar gebak het was dit nie nodig om kleursel by te gooi nie, die hoender
eiers se geel daar was altyd goudgeel gewees.
Skoonma het altyd die koek vir Pieter gebak met sy verjaarsdag vandag hy klein was, en ek gaan maar aan met die tradisie, hy kry elke jaar sy klapperkoek.
Wel hier is my eerste poging. Magda ek hoop jy is trots op my.Dankie dat jy jou wenresep gedeel het 👏🏻
Resep: Magda van Wyk
Foto: Liezl Ferreira