

GIDEON SE BRAAIPAAI POEDING
1 rol skilferkors deeg
‘n paar marshmallows in wieletjies geknip
Twee piesangs in wieletjies gesny
1 blikkie karamel
En n bietjie gekapte neute
Rol die deeg oop en deel dit in twee
Rol dit effens uit en plaas die een helfte op n foelie bo op n toeklap rooster Smeer die een helfte met die helfte van die karamel en pak die piesangwieletjies bo op
Pak dan n lagie van die marshmallow wieletjies bo op asook n lagie gekapte neute
Smeer die ander karamel op die ander helfte deeg
en smeer die rante met geklitste eier en plaas dit bo oor die ander gepakte lae. Smeer geklitste eier aan albei kante – die ander kant eers as jy dit omgrdraai het vir die eerste keer
Braai op stadige kole en haal die foelie versigtig af sodra dit op die kole kom en smeer dan die geklitste eier
Braai stadig vir plus minus n uur en geniet saam met roomys of vla en sprinkel ook n bietjie neute oor die roomys
Bron en foto: Gideon Louw






