

GEVULDE ONTBEENDE HOENDERBORSIES
Ek het n pakkie van 5 ontbeende hoenderborsies sonder vel gehad. Het toe “pockets” daarin gesny en dit met cheddarkass en peppadews gestop, in ham toegedraai (met tandestokkies vasgesteek) en in n oondvaste bak met n deksel gebak teen 190°C gebak tot ek gedink het dit is amper gaar.
Het toe nog n bietjie cheddar oorgestrooi en dit sonder n deksel gebak totdat die kaas gesmelt het.
Bedien met coucous en spinasie gekook op die boeremanier met aartappels en uie.
RESEP EN FOTO: Renate Niebuhr Filter






