

FRIEDA SE VLEISBROODJIE
½ pak spek
paar uieringe, fyngekap
2 snye volgraanbrood, gerasper
1 wiel fetakaas of 125 g soetmelkkaas
500 g maalvleis
2 eiers
Braai die spek, voeg uie by, daarna die brood en laastens die kaas. Verwerk spekmengsel in voedselverwerker.
Geur die maalvleis met sout, peper, naeltjies en neut na smaak.
Klits 2 eiers en meng by maalvleis. Meng dan die spekmengsel in by maalvleis.
Skep in olie gesmeerde broodpan of pannetjies en bak tot gaar.
Groot broodpan: voer uit met bakpapier en bedek vleisbroodjie met foelie.
Bak by 150°C vir eerste 20 minute in Halogene oondjie en dan by 180°C vir nog 15-20 minute tot gaar.
Resep en foto: Frieda Greyling







Dollie Botha
Glo nie ek gaan maalvleis weer anders eet nie..JULLE, dit is heerlik verby..baie dankie vir die resep..in my Hologen oondjie gemaak.