

FRIEDA SE SUIKERMIELIETERT
3 eetlepels botter
3 eetlepels suiker
3 eiers
3 eetlepels bruismeel , hoogvol
knippie sout
1 ½ koppies melk
1 groot blik room suikermielies
Meng botter en suiker.
Klits die eiers by.
Skep bruismeel en sout by en meng.
Voeg die melk en die suikermielies by en meng deur.
Skep in gesmeerde skottel en bak tot goudbruin en gestol.
Ek kan nou nie onthou hoe lank in Halogene, ek weet ek het dit 25 min gebak by 170ºC en toe gedraai na 180ºC en nog ‘n rukkie gebak.
Bron en foto: Frieda Greyling






