

BRYAN HABANA SE LASAGNE
1 groot ui , fyngekap
2 eetlepels kanola olie
½ pakkie spek , fyngekap
750 g gemaalde beesvleis
1 koppie beesvleisaftreksel of rooiwyn
1 groot tamatie , skil verwyder en gekap
1 eetlepel tamatiepuree
½ teelepel paprika
1 teelepel vleisspeserye
sout en peper
sowat 2 koppies of meer, fusilli – pasta ( skroefnoedels )
1 ½ koppir gerasperde kaas
WITSOUS :
100 g botter
100 g koekmeel
4 koppies melk
Soteer die ui in olie tot ligbruin. Voeg spek by en braai vir paar minute. Voeg die maalvleis by en roerbraai met n vurk om klonte uitmekaar te breek.Braai vir 3 minute. Voeg die aftreksel, tamatie, tamatiepuree, paprika en vleisspeserye by. Verlaag die hitte en laat vir sowat 30 minute prut tot gaar. Geur na smaak met sout en peper. Kook intussen die noedels in soutwater tot net gaar.
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Witsous:
Smelt die botter in n afsonderlike kastrol, voeg die meel by en roer goed met ‘n draadklitser.
Voeg die melk geleidelik by en bring tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer.Verwyder van die hitte.
Om die dis vir die oond voor te berei, het jy n groot , oondvaste skottel nodig .
Begin met ‘n laag van die helfte van die maalvleismengsel, gevolg deur die helfte van die gaar noedels, ½ van die kaas, en dan die helfte van die witsous. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag witsous. Strooi die res van die kaas bo-oor.
Bak vir sowat 20 minute onbedek in die oond .
Foto: Petro Van Genderen






