

CLINTON SE SJOKOLADE KOEK
Sjokolade Koek met ‘Bananna toffee caramel’ en sjokolade versiersel as vulsel met Aarbei geursel botterroom versiersel bo op
Sjokolade koek
2 koppies suiker
8 eiers
2 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels kakao
1 koppie kookwater
¾ koppie kookolie
1 knippie sout
Skei eier wit van geel. Meng eiergeel en suiker en klits goed. Meng water en olie by suikermengsel. Sif droë bestanddele bymekaar en voeg dan nat bestanddele by. Klits baie goed. Klop eierwitte tot styf en vou by die deeg in. Oond 180ºC. Bak in ronde koekpan vir 30min en vierkantige pan 40min. Hierdie is nogal n groot koek, het 2 ronde panne amper vol gemaak.
Versiersuiker
5 koppiies versiersuiker
½ koppie botter
10 ml aarbeigeursel
Pienk kleursel
2 eetlepels melk
Verroom botter en versiersuiker tot lig. Voeg geursel en kleursel in. Voeg die melk by en meng goed.
Om die loperige versiersel te kry het ek meer melk by gesit.
Bo op, aarbei wafers, pienk gekleurde springmielies, pienk lekkers en pienk, wit en blou balletjies, suiker kuns blommetjies en skoenlappers.
Resep en foto: Clinton Elsa Swart






