PAUL SE EIERVRUG KERRIE
500 gram miniatuur eiervrugte
Een groot ui gesny
1 eetlepe suiker
3 knoffelhuisies gekap
25 mm gemmer gerasper
4 klein tamaties gekap
2 eetlepels sterk kerrie
1 teelepel cumin
1 teelepel pickle masala
1 teelepel fennel saad
2 teelepels mosterd saad
1teelepel koljander poeier
Sout na smaak
Takkie kerrie blare
Sny punte van eier vruggies af en kook in water tot sag, laat dit afkoel en trek velletjies af.
In n groot pan verhit so eetlepel en n half olie en braai die eier vruggies tot hulle so goud kleurig raak haal uit en hou eenkant. In die selfde olie braai die uie tot sag voeg knoffel en gemmer by braai nog so minuut maar moet nie knoffel brand nie. Voeg nou kerrie en ander spesserye by en braai so 2 min moet net nie brand nie. Voeg nou tamaties en suiker by roer aanhoudend tot n sousie begin vorm. Voeg nou n bietjie water by sodat dit net lekker nat is en voeg die vruggies by en meng goed deur. Roer nou aanhoudend sodat die mengsel nie brand terwyl jy so klein bietjie water op n slag byvoeg sodat dit net loperig bly. Voeg nou jou kerrie blare by en roerbraai so minuut of twee bottel warm, laat afkoel bere in yskas en gebruik soos nodig.
Bron en Foto: Paul snyman