

WILMA SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK VIR DIABETE
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
30 ml kakao
15 ml sterk koffiepoeier
150 ml xylitol
2 groot eiers
100 ml Kookolie
250 ml melk
25 ml kookwater
Versiering:
2 plakke (85 g) Canderell sjokolade
Sif die droë bestanddele saam. Maak die koffiepoeier aan met die kookwater en meng met die bogenoemde (nat) bestanddele.
Meng alle bestanddele goed saam.
Smeer ‘n ronde glasbak met botter en bespuit met Cook and Spray.
Skep beslag daarin en bak vir 9 minute op hoog in die mikrogolfoond.
Toets of die koek gaar is met ‘n tandestokkie. Laat heeltemal afkoel in die bak.
Sny die koek in die helfte deur, smeer een helfte met Diabetiese Perskekonfyt (resep op die blog)
Sit die ander helfte bo-op.
Smelt sjokolade in die mikrgolfoond.
Smeer sjokolade bo-oor en versier verder soos verkies.
Resep en foto’s: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.






