


OUMA HAVENGA SE OUTYDSE MELKTERT
Kors
1 ¼ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
3 eetlepel suiker
2 eiers
3 eetlepels botter
5 ml geursel
Smeer panne met botter en plaas in yskas. Voeg alle droë bestanddele in mengbak. Vryf botter in en maak aan met eiers. Druk deeg dun in panne en bak die kors in die oond tot mooi bruin.
Vulsel
5 koppie melk
1 en ¼ koppie suiker
¼ koppie koekmeel
3 eetlepel maizena hoogvol
1 teelepel bakpoeier
Sout
2 eiers
2 eetlepels botter
5 ml vanilla geursel
Bring 4 koppies melk en 1 koppie suiker tot kookpunt. Skei eiers en klits eiergele met orige melk. Meng droë bestanddele met kwart koppie suiker. Voeg eier mengsel by. Roer in kook melk. Voeg botter by as begin dik word. Haal af en laat af koel voor bakpoeier en styfgeklopte wit van eiers by gevoeg word. Gooi geursel by en gooi dan in tertkors. Sprinkel kaneel oor.
Lekker eet
Resep en Foto: Karin Rall Britz
2de foto: Heidi Van Der Merwe
Ek was te lui om kors te maak, toe pak tennisbeskuitjies onder in die bak en skep melkpap bo oor. Heerlik.







Heidi Van Der Merwe
Ek was te lui om kors te maak, toe pak tennisbeskuitjies onder in die Bak en skep melkpap bo oor. Heerlik.