


MAKLIKE MELKTERTVULSEL – BESTE MELKTERT OOIT
Bron: Lucia van der Westhuizen, geplaas deur Nita Spies
Foto: Nita Spies en 2de Foto: Lelane Van Der Walt
Foto’s: Suenell Liebenberg
FOOD LOVERS RECIPES
Plaas 1 liter melk in ‘n kastrol saam met
75 g botter en 1 kaneelstokkie.
Verhit dit oor matige hitte todat dit begin kook.
Sit in jou liquidizer of in ‘n mengbak
80 ml koekmeel
80 ml maizena
1 ml sout
125 ml melk
200 ml suiker
3 eiers
5 ml vanielje geursel.
Klits todat dit goed gemeng is.
Voeg die mengsel by die melk wat by nou kookpunt begin bereik.Verminder hitte en hou aan roer, anders brand dit vas.
Wag totdat dit soos ‘n vulkaan begin prut anders is jou meel nie gaar nie, dis wat die tert laat stol.
Skep dit in leë dop.
Sprinkel kaneel oor en laat set.
WENKE:
Lae hitte is baie belangrik maar speel maar rond met temperatuur as jy n gasstoof het.
Jy moet met n whisk klits terwyl jy die meelmengsel by die warm melkmengsel gooi in n dun straaltjie. Die tertvulsel is gaar sodra jy die kastrol skeef hou en die die vulsel ”skoon” wegtrek van die kante.
PS Hierdie resep is soos n stoutkind. Hou hom heeltyd dop en moet hom nie alleen los nie
Nota: Suenell Liebenberg
Ek het ‘n Melktert Pannekoek stapel gemaak. My gunstelling melktert resep gemaak en effens laat afkoel.. Ek het ses pannekoeke gevat en lae gemaak met die melktert vulsel, en kaneelsuiker tussen elke tweede laag gestrooi.







