


FRIEDA SE OMELETTE PANNEKOEK
1 eier
olie
sout
1 koppie water
4 teelepels bruismeel (hoogvol)
Breek die eier in ‘n koppie, voeg olie en sout by, vul die koppie op met water en klits goed saam.
Voeg die bruismeel by en klits.
Skep die deeg in ‘n gesmeerde pan en bak tot gestol.
Vul met ‘n vulsel van jou keuse.
Resep en foto: Frieda Greyling






