

GIDEON SE BACON BEDERFIES
2 snye brood
5-6 repies spek
1 teelepel sweetchilliesous
4 smal repies kaas
Sny broodkorsies af en rol plat met ‘n roller en smeer dun met sweet chillie sous en sny op in 20 mm strokies.
Plaas ‘n repie spek lankuit en plaas die strokie brood bo op die bacon. Plaas dan ‘n lang repie kaas bo-op en rol die bacon, brood en kaas op en doen so met die ander repies ook en steek op ‘n sosatiestokkie.
Plaas dit dan op foelie in ‘n oondpan en rooster vir 5 minute en draai dan om vir nog 5 minute.
Bron : Gideon Louw
Foto : Gideon Louw







geskuif