MA RINA SE HEERLIKE LASAGNE
Ek het gisteraand weer my Skoonma se heerlike lasagne vir ons gemaak. Hierdie is voorwaar ‘n treffer.
1. Braai 1 groot ui, 1 gekapte groen soetrissie en 1 knoffehuisie in 3 eetlepels kookolie tot deurskynend.
2. Voeg 2 repe gekapte ontbytspek en 1 kilogram maalvleis by en braai tot bruin en krummelrig.
3. Voeg, sout, peper, ‘n knippie oreganum,1 eetlepel tamatie pasta en 2 tamaties (vel verwyder en fyn gekap) by.
4. Laat stadig prut tot die mengsel dik is, voeg 1 koppie rooiwyn by, kook stadig vir 10 minunte
5. 250gram lasagne velle.
6. Kaassous: Maak ‘n witsous van 2 eetlepels botter/margerine, 2 eetlepels meelblom, 2 koppies melk, 1 teelepel mosterd, sout en peper. Haal van die stoof af en voeg 1 koppie cheddarkaas by.
7. Pak soos volg in ‘n pasteiebak.
7.1 Meng ‘n bietjie kaassous en maalvleismengsel saam en smeer onder in die bak.
7.2 Begin met eerste laag lasagne velle.
7.3 Gooi ‘n laag kaassous oor die lasagne velle.
7.4 Dan ‘n laag maalvleis, pak weer ‘n laag lasagne velle.
7.5 Gooi weer ‘n laag kaassous gevolg deur die maalvleis.
7.6 Pak weer ‘n laag lasagne velle bo-op en gooi weer kaassous oor. Bedek met tinfoelie
8. Bak vir 20-30 minute by 180 grade Celsuis.
9. Ek bak myne gewoonlike by ‘n lae tempratuur van 120 grade Celsuis baie stadig vir ongeveer ‘n uur dan is die lasagne velle lekker sag.
10. Strooi gerasperde kaas bo-oor en laat dit smelt.
11. Bedien met ‘n knoffelbrood en slaai.
BRON EN FOTO: Elna Erasmus
NOTA: Ronell Muller Boshoff
As jy jou lasagne n half uur laat staan sonder kaas terwyl oond warm word bak jy dit net 40 min met kaas bo oor tot lekker bruin. 180* Terwyl lasagne staan word velle sag.