

BEN SE CHUCK IN DIE OOND
Vanaand bees chuck in oond gestowe met aartappels. Was heerlik saam rys skorsie en boontjies.
Ek het die chuck eers in ysterpot gebraai. Uitgeskep en 1 groot ui in ringe gesny en gebraai. Gooi bietjie kookwater by uie en laat prut net n wyle om al die lekker vleissous op te vang. Pak chuck in oondpan en gooi speserye van jou keuse. Ek het my braai speserye gebruik en die vleis weerskante besprinkel met dit en gerookte paprika. Gooi al die uie en sous oor vleis en bedek oondpan met foelie. Stowe vleis tot sag en let gereeld op water en vul aan indien nodig. N bietjie op n slag. Ek het aartappels eers gekook tot feitlik sag en toe by vleis ingepak. Draai hul af en toe om om beide kante te laat bak in sous dan word hul lekker bruin van die vleissous. GENIET
Ongeveer 4 ure met oond op 180 grade. Kan net noem dat ek chuck nie te dik laat saag het nie
FOTO EN RESEP: Ben Herbst






