

LELANE SE SPINASIE EN FETA SKONS
Resep en foto: Lelane Van Der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
Slap-Degie:
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Kruie van jou keuse
125 ml melk
125 ml kookolie
1 eier
Vulsel: – gaar spinasie en feta gemeng
Meng alles goed saam tot ‘n slap degie.
Skep lepelvol in ‘n kolwyntjiepan, dan vulsel ( gaar spinasie en feta) en weer degie.
Bak in oond 180 ºC tot goudbruin en gaar.






