GUNSTELING SPAGHETTI BOLOGNESE
250 g sampioene
Olyf olie
1 kg maalvleis
1 teelepel knoffel
1/2 teelepel elk komyn, koljander, origanum,tiemie, growwe swart peper en sout
Knorr savoury mince dry cook poeier
2 teelepels suiker
1 eetlepel tamatie paste
1 blikkie tamatie en uie mix
1 500g boksie tamatie pasata
500 ml bees aftreksel
Braai sampioene in bietjie botter vir 5 minute. Skep uit pan.
Braai maalvleis in olyfolie tot bruin, voeg knoffel by en meng goed deur
Voeg al die speserye en dry cook poeier by en roer goed deur.
Gooi sampioene terug by maalvleis.
Voeg tamatie paste, geblikte tamatie en uie mix en tamatie pasata, suiker en bees aftreksel by en roer goed deur. Laat prut op lae hitte vir so half uur. Sit voor saam met gaar spaghetti en parmesan kaas.
Bron: Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Charleen Nieuwenhuizen