


GEMMERPATATS MET PIESANGS
Bron: Wenresepte 1
Foto: Benhet Nieuwenhuis en Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
Was nogals lekker en nie so soet nie.
1 kg patats
100 ml sagte bruinsuiker
60 ml botter
4 piesangs
200 g gemmerkoekies
Voorverhit die oond tot 180°C.
Kook die patas in soutwater tot sag, dreineer en trek die skille af. Sny die patats in skywe.
Plaas ‘n bietjie van die suiker en botter op die bodem van ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Pak nou lae soos volg bo-op mekaar tot alles op is en eindig met ‘n dik laag gemmerkoekiekrummels en klontjies botter, patats, piesangs, suiker, botter, krummels
Sit die deksel op en bak sowat 45 min lank.







GESKUIF