


CHICKEN A LA KING
1 heel hoender
2 uie, gekap
1 groenpeper, gekap
25 ml margarien
100 ml chicken stock
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
1 pakkie hoenderroomsoppoeier
700 ml melk
12,5 ml chutney
10 ml brandewyn of sjerrie (ek sit meer by – to taste)
Kook hoender tot gaar. Hou 100 ml chicken stock eenkant. Verwyder vel en bene en sny in blokkies.
Gebruik ‘n groterige kastrol en braai die uie en groenpeper in die margarien tot sag.
Meng chicken stock met sop, melk en chutney en voeg by die uiemengsel.
Prut ongeveer 10 min tot die mengsel dik en gaar is.
Voeg hoender by en prut ‘n paar minute.
Roer die brandewyn / sjerrie by en sit warm voor op rys.
Resep geplaas deur Chantélle Saayman






