ANDERSE MACARONI EN KAASGEREG
half pak macaroni
sout
4 e botter
2 t bruismeel, hoogvol
2 t wit uiesoppoeier, hoogvol
half t bakpoeier
2 k melk
rooipeper na smaak
half k kaas
aromat
paprika
nog bietjie kaas vir bo-op
stukkies botter
Kook macaroni in soutwater tot sag
Maak die witsous
Smelt botter
haal van stoof af en voeg die bruismeel, uiesoppoeier en bakpoeier by
Roer Goed
Plaas terug op stoof en roer goed
Voeg die melk stadig by, roer aanhoudend
Voeg rooipeper en half koppie kaas by
Dreineer macaroni en voeg die witsous by, roer goed
Gooi die helfte in gesmeerde bak
Strooi Aromat, paprika en lagie kaas oor
Voeg die res van macaroni by en strooi weer aroma, paprika en kaas oor
stip met klontjies botter
Bak tot goudbruin
Bron: Frieda Greyling
Foto: Frieda Greyling