


WILMA SE HAM-EN-AARTAPPELGEREG
5 Medium Grootte Aartappels Geskil en in Plakkies gesny
Halwe ui in ringe gesny
Halwe pannnetjie sampioene opgesny
Halwe soetrissie opgesny in klein blokkies
Halwe ui in fyn blokkies gesny
6-8 dikkerige skyfies gesnyde ham
250ml Geel Cheddar kaas gerasper
250ml Mozarella kaas gerasper
250ml Wit Cheddar kaas gerasper
(Meng die 3kase en deel in twee)
5eiers geklits met 50ml melk
Kruie en speserye na smaak
50ml olyfolie
Smeer ‘n vierkantige bak met botter
Meng die aartappels met kruie en speserye na jou smaak en meng met die olyfolie.
Pak ‘n laag aartappels in die bak.
Strooi samioene oor
Pak uie ringe bo-op
Pak Ham bo-op
Strooi kaas oor.
Pak weer ‘n laag aartappels
Strooi kaas oor
Strooi gekapte ui en soetrissie oor.
Giet eiermengsel in ‘n dun straaltjie oor die hele gereg.
Bak in die oond teen 180grC vir omtrent 1 uur 30min tot die aartappels lekker sag is.
Bedien net so saammet ‘n slaai of as bygereg…
Foto en resep geplaas deur Wilma Josey Venter






