

MARIUS SE BOERE LASAGNE
mieliepap wat nie te styf gemaak is nie
maalvleis mengsel
500 g maailvleis
1 uie fyn gekap
1 soet rissie, fyn gesny
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 blokkie hoender aftreksel
5 ml gedroogde tiemie
5 ml gedroogde origanum
1 knoffel huisie
Sout en peper na smaak
Braai uie soetrissie en knoffel saam. Voeg tamatie en uie smoor saam en hoender blokkie opgelos in water kook so 10 min sodat suurigheid van tamatie verdwyn, voeg maalvleis en kruie by. Asook sout en peper na smaak. Kook tot maalvleis gaar is en vloeistof bietjie minder is. Nie te droog nie.
Skep pap in oondvaste bak en vorm plat laag. Plaas maalvleis mengsel bo oor en skep weer ‘n laag pap bo-oor, maak dit gelyk. Gooi witsous bo oor (pakkie of self gemaak) en strooi gerasperde kaas oor. Bak in oond by 180°C vir so 20 min tot kaas gesmelt en mooi kleur het.
Bron en foto: Marius Prinsloo






