
SPAANSE HOENDER VIR 50 MENSE
5 pond rou Rys (2.3kg)
6 koppies gestoofde tamatiepap
1 & 1/2 koppies groen Soetrissie (ontpit)
2 koppies Seldery, gekap
2 koppies Ui, gekap
1/2 koppie sagte Vet
2 eetlepels Suiker
5 eetlepels Sout.
1 teelepel Peper
1 koppie Maizena
2 koppies Water
1 groot Hoender, sag gekook
Metode :
Kook of stoom die rys gaar. Smelt dan die vet in ‘n pot en sit die soetrissie, seldery en ui daarin. Roer af en toe tot die groente pap en liggeel word. Vryf die gestoofde Tamatiepap deur ‘n sif en roer by die groente. Sit ook die suiker, sout en peper in. Sit terug op die stoof om te kook.
Meng die Maizena met die water en roer dit daarby. Roer en kook tot die Maizena gaar en dik is. Ontbeen intussen die hoender en sny in kleinerige stukkies, maar nie te klein nie.
Sit dit dan in die warm mengsel.
Bedien op die warm rys.
Resep uittreksel uit : Jess Davidtz se Kookboek deur Professor M.J. Davidtz






