

SALTED CARAMEL CREAM SAUCE
Salted Caramel Cream Sauce – hemels oor enige roomys
Ek het die suiker wat bedoel was vir die Peer, Pekan en Roquefort slaai, te ver laat karameliseer. Dit was net duskant brand.
1 eetlepel gewone suiker – strooi suiker egalig op bodem van pan, verhit oor matige hitte tot heeltemal gesmelt, laat karameliseer tot goud in kleur. Moenie roer nie!
25 g botter – voeg by karamel, laat smelt
100 ml sherry asyn – roer by karamel en botter mengsel
Ek het room bygevoeg en aanhou whisk tot die karamel en room bymekaar ingesmelt het en ‘n sous gevorm het.
Het dit bedien oor koffie roomys met Maldon sout oor gekrummel.
As jy op dieet is, moet dit asseblief nie probeer nie. Jy gaan nooit weer daardie kombinasie kan weerstaan nie.
Ek hou van ‘n redelike bitter ondertoon, as jy verkies, kan jy die karamel net verby die goue stadium laat gaan voor jy die room byvoeg.
Die Maldon sout moet oor gekrummel word, nie in gemeng word nie
Resep en foto: Petro Borchard






