ROLINE SE KAPOKAARTAPPEL SLAAI
Kook jou aartappel tot sag.
Maak dit fyn met aromat en margarine – geen water of melk, dit moet fyn wees sonder klonte en styf genoeg want jy moet kan bolletjies rol
Jy kan spek baie baie fyn sny en vinnig braai en fyn fyn rou uie in die kapokaartappels gooi, roer goed deur en sit in yskas om koud te word.
Intussen meng jy mayonnaise, pietersielie en rou uie fyn fyn gekap, ek g
Kry n lang bak waar in jy die bolletjies kan pak, gooi op die bodem van die bak n biejtie van die mayonnaise mengsel, uie en pietersielie.
Dan as jou kapokaartapples koud is rol dan bolletjies so groot soos n okkerneut grootte , doop in mayonnaise mengsel wat oor is en plaas in die bak bo op die mayonnaise mengsel. Herhaal tot al die bolletjies in mooi rytjies geplaas is in die bak. Gooi die res van die mayonnaise mengsel wat oor is oor die bolletjies en versier na smaak. Ek het fyn pietersielie en uie gebruik. Jy kan ook bulgaarse yoghurt meng met mayonnaise indien jy dit so verkies.
Resep en foto: Roline van der Merwe Labuschagne