

PEPPERMENT EN MARIE BESKUITJIE BLOKKIES (MUNCHIES)
250 g botter
500 g versiersuiker, gesif
90 ml kakaopoeier, gesif
1 ekstragroot eier
1 pak Mariebeskuitjies
1 stafie (90 g) Peppermint Crisp
Voer ’n 25 x 40 cm–bakplaat met kleefvrye bakpapier uit.
Smelt die botter in ’n middelslag-kastrol oor matige hitte. Voeg die versiersuiker en kakao by en roer tot glad.
Verwyder van die hitte en voeg die eier by. Roer tot glad
Versprei die Mariebeskuitjies op ’n bakplaat of skinkbord. Gebruik ’n koekroller om dit in 1 cm-stukkies fyn te rol.
Kap die Peppermint Crisp–stafie in klein stukkies. Roer dit en die koekiestukkies by die kakaomengsel in tot dit goed gekombineer is.
Skep die mengsel dadelik in die bakplaat en gebruik ’n nat rubberspatel om dit eweredig te versprei en plat te druk. Sit in die yskas om te stol.
Sny in blokkies en bewaar in ’n lugdigte houer.
Resep: Ilse van der Merwe
Foto: Lelane van der Walt






