HEERLIKE LINDT PANNACOTTA
250 ml room
75g 70% Lindt donker sjokolade
20 g wit suiker
2 velletjies gelatien
Verhit die room en suiker oor ‘n lae hitte tot room warm is ( moenie kook nie )
Week die twee gelatien velletjies in koue water.
Haal die room van die plaat af , meng sjokolade in.
Druk water uit gelatien uit en meng die gelatien by die room mengsel, gooi in mooi bakkies of glase en los in yskas tot gestol.
FOTO: Lindie Furstenburg