GEWONE WAATLEMOENSKIL STUKKE
Eet eers die waatlemoen op. Gebruik dan net die skil.
3 eetlepels koeksoda
5 liters koue water
1 kg waatlemoenskil
6 koppies water
5 koppies suiker
4 eetlepels suurlemoensap
¼ teelepel sout
Skil die groen gedeelte af en krap al die oorblywende rooi uit.
Prik die wit gedeelte goed aan alle kante en sny in stukke.
Meng koeksoda met die 5 liters water en week die stukke oornag daarin.
Spoel die volgende dag goed af voordat jy dit kook.
Plaas water, suiker, sout en suurlemoensap in ‘n groot kastrol.
Roer totdat al die suiker opgelos het en bring tot kookpunt.
Sit die stukke in en kook vinnig vir ± 2 ure tot al die stukke deurskynend is.
Verwyder van stoof en skep in gesteriliseerde flesse.
Verseël en laat koud word.
NS: Ek het sommer die stroop wat oor was nadat ek al die bottels gevul het nog so ‘n rukkie gekook om goed dik te word, bietjie vanilla geursel by gegooi en gebruik dit nou as stroop saam met wafels.
Ek het uit die 3½ kg stukke 4 groot en 2 klein bottels gekry.
Resep en Foto: Bets Lourens