ALOMBEKENDE AARTAPPEL GEREG
Die alombekende aartappel gereg bly darem maar net ‘n wenner. Ek weet daar is legio variasies, maar vandag het ek sommer net die eenvoudige een gemaak.
Kook 6 aartappel tot net begin sag word, trek die skille af en sny in lekker dikkerige skywe, pak 3 aartappels onder in die bak, sny genoeg sampioene oor die aartappels, gooi songedroogte uie (of fyngekerfte vars uie) oor, meng 1 pk wit uie sop poeier met 250ml room en gooi oor die aartappels, pak die ander drie aartappels se skywe bo-oor, gooi bietjie pietersielie oor, druk die boonste aartappels so effens in die room in en bak in die oond by 170 grade C tot die room lekker deur alles gekook het en die kleur mooi verbruin het bo-op. Heerlik saam met enige braai vleis of boudvleis.
FOTO EN RESEP: Rina Kleinhans