


SPEK EN KNOFFEL ROLBROODJIE
500 g koekmeel
1 × 10 g pakkie kitsgis
10 ml fyn sout
Knypie peper
10 g pietersielie
60 ml olyfolie
100 g spekstukkies bros gebraai
100 g mozzarella kaas gerasper
Knoffelbotter
60 ml botter
4 knoffelhuisies fyn gedruk
Gerasperde skil van een suurlemoen
Brooddeeg
Meng die meel en kitsgis sout en pietersielie in n bak
Maak ‘n holte in die middel en giet die olyfolie en ‘n koppie louwater by en meng goed tot die deeg aanmekaar begin vaskleef. Voeg nog ‘n bietjie louwater by as die deeg te droog is.
Knie die deeg 5min tot glad en elasties. Vorm ‘n bal en plaas in ‘n mengbak. Bedek en laat rys tot dubbel in volume.
Knoffelbotter
Smelt die botter en meng knoffel en suurlemoenskil by. Rol deeg in groot reghoek uit. Verf met knoffelbotter (los bietjie oor). Sprinkel spek en kaas oor en rol op (soos rolkoek). Sny in skywe en pak styf teen mekaar in gespuite swartpot.
Verf oorblywende botter oor skywe.
Bak oor stadige kole met kole op die deksel ook.
Foto: Elize de Kock en Gideon Louw






