PETRA SE DADEL – NEUTEBROOD OF MUFFINS
Voorverhitte oond 180°C.
1 koppie gesnipperde dadels
½ koppie gekapte neute (okkerneute)
1 teelepel koeksoda
62.5 ml margarine
1 koppie kookwater
190 ml suiker
2 koppies meelblom
1 groot eier, goed geklits
1 ½ teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilla
½ teelepel sout
Gooi gesnipperde dadels in mengbak.
Voeg die margarine by dadels.
Stooi koeksoda oor en gooi die kookwater oor.
Roer goed en laat afkoel.
Roer nou die suiker in tot gesmelt.
Voeg geklitste eier, sout en geursel by.
Sif meel en bakpoeier saam en meng by dadel mengsel.
Voeg laastens die neute by.
a. Gooi die deeg in gesmeerde broodpannetjie, bak vir ongeveer een uur.
b. Gooi die deeg in gesmeerde muffin pannetjies en bak vir ± half tot driekwart uur.
BRON: PETRA NEL – Ons oorge-erfde familie resep
FOTO: Wilma Batt, Rina Kleinhans en Jeannette Botha
Nota van Rina: Ek sal so 10 ml asyn bygooi om die koeksoda smaak bietie te demp.