ELSABIE SE KOEKIEDRUKKER DEEG
Koekiedrukker deeg resep (van my Mamma):
375 ml stooisuiker
345 g sagte botter (of Stork to Bake margarien maar ek gebruik botter)
3 eiers
1 teelepel vanilla geursel
4 x 250 ml (545 g) koekmeel
250 ml vlapoeier (gebruik mielieblom as jy nie wil vlakoekies maak nie)
7,5 ml bakpoeier
knippie sout
Room die strooisuiker en botter saam tot goed gemeng.
Voeg die eiers en vanilla geursel by en meng goed.
Sif die koekmeel, vlapoeier, bakpoeier en sout saam en voeg geleidelik by die suiker/botter/ eier mengsel
Meng goed en jy kan dit selfs vir ‘n paar minute knie.
Ek gebruik sommer my deeghak in my menger om dit te doen.
Maak ‘n rolletjie van die deeg om in die buis van koekiedrukker te pas.
Druk deeg direk op koue bakplaat wat liggies met C&S gespuit is uit en bak by 180ºC vir so 10 – 12 min.
Ek bak by 175 ºC in my gasoond vir 14 min.
Ek het op die kleinste stelling 160+ koekies uitgekry.
Bron: Elsabie se ma
Foto: Elsabie Templeton en Jaquleen Myburg
Hildegarde Hilly Smith-Hanmer
Ekt Saterdag myne gebak en was vreeslik excited met hoe dit uitgekom het. Dankie vir die resep dis voorwaar n wenner
Jaquleen Myburg
Baie dankie vir die resep. Dis ‘n staatmakerresep
Jaquleen Myburg
Die vlakoekie resep wat Elsabe Templeton so twee weke terug hier geplaas het, werk uitstekend vir die koekiedrukker. Eerste keer wat ek die drukker regkry. Dis boonop heerlik! Baie dankie Elsabe!
Venessa Horn
Ek het ook die resep, dit is baie lekker!!!