NADA SE MENGELSLAAI MET ‘N VERSKIL
Spoel als baie goed af en dreineer goed dat dit nie die slaai pap maak nie.
Sny blaarslaai in lang dun repies. Gooi onder in bord.
Breek rou kool/brokkoli in stukkies/blommetjies. Gooi oor blaarslaai.
Sny Robot peppers lang dun repies of kleiner stukkies.
Dreineer n blikkie ertjies. Gooi oor.
Sny komkommer in stukkies/repies. Gooi oor
Kersie tamaties werk lekker, sny in helftes en strooi oor. Ek het dit nie gehad nie, so ek het 1tamatie in dun snytjies/wiggies gesny en op randte gesit.
Strooi pitlose rosyntjies oor.
Druk Bacon Kips fyn en strooi oor.
Sny uie in dik skywe. Haal dit uitmekaar.
Sny Cheddar kaas in blokkies en gooi oor.
2 wiele fetakaas, druk fyn met vurk en strooi oor.
Sous van mayonaisse:
idealmelk,
kondensmelk, goed gemeng.
Skep uit in n bakkie en voeg n bietjie melk by om dit meer loperig te maak.
Opsioneel: pietersielie, knoffel vlokkies, kruie/speserye, aromat. Gooi oor net voor ete.
Ons het dit saam met n koue boud geeet.
Sous bere ek in my yskas, ek maak dit klaar en gooi dit terug in die glas bottel. Gereed vir enige iets waarmee jy dit wil eet of vir slaai gebruik.
1 Cross & Blackwell mayo
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie ideal melk
1t sout
Bietjie droee mostertpoeier aangemaak tot n pasta met asyn/botteltjie suurlemoensap
Gooi als bymekaar en roer goed deur. Bottel en bere in yskas.
Bron en foto: Nada Duplessis Bloem